{"id":10704,"date":"2021-04-09T13:50:26","date_gmt":"2021-04-09T11:50:26","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10704"},"modified":"2021-04-09T13:50:26","modified_gmt":"2021-04-09T11:50:26","slug":"private-sektor-doen-beroep-op-regering-om-in-te-gryp-by-mtpa-staking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/private-sektor-doen-beroep-op-regering-om-in-te-gryp-by-mtpa-staking\/","title":{"rendered":"Private sektor doen beroep op regering om in te gryp by MTPA-staking"},"content":{"rendered":"

Georganiseerde toerisme in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering om ‘n einde te bring aan die voortslepende, onwettige staking deur werknemers van die agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA).
\nDie 14 reservate wat deur die MTPA bestuur word, is al sedert Dinsdag gesluit vir die publiek. Net die watervalle wat deur Safcol bestuur word, word nie deur die staking geaffekteer nie.
\nOupa Pilane, wat die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) en Satsa Mpumalanga verteenwoordig, s\u00ea toerisme kan dit nie bekostig nie, omdat die bedryf reeds op sy knie\u00eb is weens internasionale inperking.
\nDie LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, sou Donderdag reeds met die leiers van Nehawu vergader, maar dit is uitgestel na vandag, het sy kantoor se woordvoerder, Mohau Ramodibe, bevestig.
\nDie stakende werknemers eis onder meer dat werknemers in waarnemende bestuursposte permanent aangestel word. Hulle wil ook h\u00ea dat die senior bestuursposte wat onlangs geadverteer is, nie gevul word nie tot die waarnemende mense geplaas is nie.
\nDie MTPA se woordvoerder, Kholofelo Nkambule, s\u00ea die Nehawu-leierskap weier om met MTPA-bestuur te vergader om \u2018n oplossing te probeer vind.
\nPilane s\u00ea die regering moet ingryp.
\n