{"id":10696,"date":"2021-04-09T13:11:19","date_gmt":"2021-04-09T11:11:19","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10696"},"modified":"2021-04-09T13:11:19","modified_gmt":"2021-04-09T11:11:19","slug":"afname-in-sterftes-op-mpumalanga-se-paaie-oor-paasfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/afname-in-sterftes-op-mpumalanga-se-paaie-oor-paasfees\/","title":{"rendered":"Afname in sterftes op Mpumalanga se paaie oor Paasfees"},"content":{"rendered":"

Padsterftes oor Paasnaweek het vanjaar \u2018n afname getoon: 18 mense is dood in ongelukke, \u2018n afname van die 31 sterftes wat twee jaar gelede aangeteken is.
\nVerlede jaar was die land uiteraard onder vlak 5 van inperking.
\nDie helfte van die 18 was voetgangers. Die meeste noodlottige ongelukke was op die R40 en N4-tolpad. In totaal is 73 mense ernstig beseer.
\nDie LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, skryf die afname toe aan verhoogde polisi\u00ebring.
\n\u201cOns moet meer doen om ons paai te beveilig,\u201d voeg hy by. \u201cMotoriste moet ook hul kant bring en die pad verantwoordelik gebruik.\u201d
\n\u2018n Totaal van 32 303 voertuie is gestop en nagegaan in die provinsie. Sowat 6 785 bestuurders is gevang vir oortredings wat wissel van gevaarlike verbysteek van motors, bestuur sonder veiligheidsgordels en spoedoortredings.
\nMeer as 100 voertuie is as onpadwaardig verklaar en 144 oorlaaide voertuie is by weegbr\u00fbe gekonfiskeer.
\nTRAC s\u00ea dat verkeersvolumes op die N4 Maandag die besigste was wat hulle sedert Paasfees 2019 ervaar het.
\nVolgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is di\u00e9 naweek histories hul besigste.
\n