{"id":10610,"date":"2021-03-29T15:00:10","date_gmt":"2021-03-29T13:00:10","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10610"},"modified":"2021-03-29T15:33:26","modified_gmt":"2021-03-29T13:33:26","slug":"witrivier-polisie-in-spervuur-oor-beweerde-aanranding-by-stasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/witrivier-polisie-in-spervuur-oor-beweerde-aanranding-by-stasie\/","title":{"rendered":"Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie"},"content":{"rendered":"

Die polisie ondersoek \u2018n insident waarin \u2018n man na bewering gister in die Witrivier-polisiestasie aangerand is.
\nDelia Jordaan en haar verloofde, Barend Byliefeldt, s\u00ea die polisie het ook geweier om hulle te help om verklarings af te neem terwyl hulle gevrees het vir hul lewens.
\nDit het die oggend begin toe hulle op pad na Witrivier verskeie karre te\u00ebgekom het wat roekeloos gery het.
\nBy Casterbridge se sirkel het een van die karre, \u2018n swart Range Rover sonder registrasienommer, voor hulle gestop om hul pad te versper.
\nEen man het uitgeklim en \u2018n vuurwapen op hulle gerig. \u2018n Ander man het uit die voertuig agter hulle geklim en die ruit aan die passasierskant uitgeslaan.
\n\"\"
\nIn \u2018n poging om van die mans af weg te kom het Byliefeldt beide karre gestamp en oor sypaadjies gery.
\nDie paartjie is polisiestasie toe, terwyl verskeie karre hulle agtervolg en van die pad probeer afdruk het, s\u00ea Jordaan.
\nBy die polisiestasie is hulle verder gedreig. \u201cDie mans het buite byeengekom. Van hulle het buite gebly, ander het ingekom en gevra dat die polisie ons uitlaat. Hulle wou ons selfone h\u00ea.\u201d
\nHulle het alles verfilm, en Jordaan s\u00ea die mans wou daarom hul fone h\u00ea.
\n\u201cOns was albei baie bang. Ons het op geen stadium veilig gevoel nie. Ons het gevoel ons lewens is in gevaar.
\n\u201cEk kon nie verstaan hoe niks gedoen word aan die mans wat reeds vuurwapens op ons gerig het nie,\u201d s\u00ea sy.
\nVier van die mans het Byliefeldt aangerand en sy foon afgeneem. \u2018n Video hiervan, wat duidelik wys hoe Byliefeldt voor polisielede en Divergent Ops aangerand word, het sedertien soos \u2018n veldbrand op sosiale media versprei.
\nVolgens Divergent Ops het die polisie hulle instruksies gegee om nie in te meng nie, aangesien dit hulle jurisdiksie is, en om dit te verontagsaam sou op dwarsboming van die gereg neerkom.
\n\"\"
\n\u201cVolgens Psira-wetgewing mag geen private sekuriteitsmaatskappy met \u2018n polisievoorval inmeng nie. Wat dit vererger is dat dit binne die polisiestasie gebeur het, waar geen private sekuriteit enige mandaat het nie.\u201d
\nVolgens Jordaan het die mans hulle met die dood gedreig. \u201cEen van hulle het (Barend) op sy volle naam genoem en het ons adres geken.
\n\u201cAl wat die polisie gedoen het, was om vir ons te s\u00ea om ons fone aan die mans en hulle te oorhandig.\u201d
\nSy s\u00ea hulle is net toegelaat om \u2018n ongeluksverslag in te vul.
\nPaul Potgieter van AfriForum het bevestig dat hoofkantoor besig is om die voorval te ondersoek.
\nNdileka Colo van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) s\u00ea dit kan \u2018n SAPD-ondersoek wees as die polisie nie deel van die aanranding was nie.
\nPolisiewoordvoerder brig. Leonard Hlathi het die slagoffer aangemoedig om \u2018n kriminele saak te open.
\nDie distrikkommissaris, majoor-generaal Dianah Mashele, het \u2018n span onder leiding van twee senior polisiebeamptes aangestel, om die gedrag van die polisielede aan diens te ondersoek.
\n\u2018n Kriminele saak van kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria is ook teen die slagoffer geopen, omdat hy beskuldig is dat hy teen \u2018n voertuig gebots het, en na bewering rasistiese aanmerkings gemaak het, volgens Hlathi.
\nAlma en Jan Bam vertel dat iets soortgelyk op presies dieselfde plek met hulle gebeur het op 4 Oktober.
\nTwee Ford Focus-motors het hulle probeer verbysteek oor \u2018n sperstreep met aankomende verkeer en Jan het dit verhoed.
\nEers toe die motors langs hulle kom, het hulle gesien die insittendes dra polisie-uniforms. Die motors het hulle vasgedruk en die Bams het (stadig) in die voorste een vasgery.
\nVolgens Alma was daar sewe mans. Geen een het maskers aangehad nie. Die voorste man was baie arrogant, moontlik nie nugter nie en met \u2018n onderbroek oor sy kop.
\n\u201cHulle wou Jan in hegtenis neem, omdat hy hulle glo verhoed het om hul werk te doen. Sy argument was dat hulle geen ligte gehad het nie, en ander mense in gevaar stel.
\n