{"id":10523,"date":"2021-03-23T17:26:28","date_gmt":"2021-03-23T15:26:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10523"},"modified":"2021-03-23T17:27:42","modified_gmt":"2021-03-23T15:27:42","slug":"innibos-sal-nie-in-junie-2021-plaasvind-nie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/innibos-sal-nie-in-junie-2021-plaasvind-nie\/","title":{"rendered":"Innibos sal nie in Junie plaasvind nie"},"content":{"rendered":"

Dit is amptelik: Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie kan plaasvind nie.
\nVolgens bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, hoop hulle om die fees nog voor die einde van die jaar aan te bied, maar dit sal slegs moontlik wees as beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word.
\n\u201cOns kan geen Innibos-datum aankondig voordat die beperkinge op openbare geleenthede nie opgehef word nie,\u201d s\u00ea sy.
\n\u201cSo ons hou duim vas. Ons is reg om \u2018n fees te re\u00ebl, maar uit die aard van die saak is dit onmoontlik om \u2018n fees aan te bied as daar net 250 mense by \u2018n geleentheid mag wees. En \u2018n mens moet natuurlik in ag neem ons wil geen risiko loop om \u2018n superverspreider te wees nie.
\n\u201cSodra die land inge\u00ebnt is en ons het immuniteit, of sodra die beperkinge opgehef word, dan hou ons weer Innibos soos altyd.\u201d
\nDit sal definitief nie in Junie wees, soos beplan nie, maar hopelik voor die einde van die jaar.
\nIntussen kan daar uitgesien word na \u2018n hele paar lekkertes. Jacobs noem dit bietjie-bietjie Bos.
\nOnder andere sal ses huiskonserte oor die volgende ses maande in samewerking met Radio Laeveld in die Laeveld aangebied word. Dit sal lewendig op die radio uitgesaai word.
\n