{"id":10519,"date":"2021-03-23T14:12:00","date_gmt":"2021-03-23T12:12:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10519"},"modified":"2021-03-23T14:12:00","modified_gmt":"2021-03-23T12:12:00","slug":"luister-pasop-vir-krokodille-in-die-laeveld-se-water","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/luister-pasop-vir-krokodille-in-die-laeveld-se-water\/","title":{"rendered":"Luister: Pasop vir krokodille in die Laeveld se water"},"content":{"rendered":"

Na raming word steeds sowat 100 krokodille vermis na hulle einde Januarie uit hul teelplaas naby Hazyview ontsnap het.
\nChris Hobkirk van die Agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA) het met Sanett gesels oor die groot moontlikheid dat hulle steeds in die omgewing van Kiepersol, Hazyview, die Sandrivier, Da Gama-dam en plaasdamme in die omgewing aangetref gaan word.
\nHulle is baie gevaarlik, waarsku Hobkirk, en s\u00ea di\u00e9 spesifieke krokodille is gemiddeld 2,5m tot 3m lank.
\nVerder assossieer hulle mense met kos \u2013 en sal geneig wees om nader te kom. En, natuurlik, sien jy hom nie maklik nie.
\nLuister hier net hoe gevaarlik plaaslike watergate tans weens hul teenwoordigheid is.
\n