{"id":10505,"date":"2021-03-19T12:39:50","date_gmt":"2021-03-19T10:39:50","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10505"},"modified":"2021-03-19T12:44:58","modified_gmt":"2021-03-19T10:44:58","slug":"da-vra-dat-thaba-chweu-leiers-bedank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-vra-dat-thaba-chweu-leiers-bedank\/","title":{"rendered":"DA eis dat Thaba Chweu-leiers bedank"},"content":{"rendered":"

Die DA het \u2018n beroep gedoen op die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit (TCM), Friedah Nkadimeng, om saam met haar komitee en munisipale bestuurder, Siphiwe Matsi, uit hul ampte te bedank.
\nRaadslid Spiro Couvaras s\u00ea hulle het deur \u2018n gebrek aan dienslewering bewys dat hulle nie die munisipaliteit kan bestuur nie.
\nGrootskaalse geweldadige proteste het verlede week daaroor gewoed. Die munisipaliteit skuld Eskom nagenoeg R850 miljoen, en dreig toe om inwoners wat agterstallig is met hul betalings, se krag af te sny.
\nInwoners van Lydenburg, Graskop en Sabie voer egter al geruime tyd aan dat, selfs al betaal hulle vir dienste, dit nie gelewer word nie.
\nSedert die proteste aan die einde van verlede week opgehou het, ervaar Lydenburg lang water- en kragonderbrekings.
\nCouvaras voer aan dat die munisipaliteit se tegniese spanne nie water- of elektrisiteitsonderbrekings tydig k\u00e1n herstel nie.
\n