{"id":10353,"date":"2021-03-01T15:50:02","date_gmt":"2021-03-01T13:50:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10353"},"modified":"2021-03-01T15:50:02","modified_gmt":"2021-03-01T13:50:02","slug":"mpumalanga-nou-n-rampgebied-na-storms","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-nou-n-rampgebied-na-storms\/","title":{"rendered":"Mpumalanga nou ‘n rampgebied na storms"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die nasionale regering het die provinsiale regering se aansoek, dat Mpumalanga tot \u2018n rampgebied verklaar word, goedgekeur.
\nDit is na tropiese storm Eloise vanaf einde Januarie en swaar re\u00ebn daarna groot skade aangerig het.
\nVolgens die woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, George Mthethwa, is die vraag vir geldelike hulp ook goedgekeur.
\nHy s\u00ea die totale skade aan paaie, skole, hospitale, huise en ander infrastruktuur beloop naby R1 miljard.
\n