{"id":10349,"date":"2021-03-01T12:46:45","date_gmt":"2021-03-01T10:46:45","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10349"},"modified":"2021-03-01T12:46:45","modified_gmt":"2021-03-01T10:46:45","slug":"voortvlugtige-man-gearresteer-nadat-hy-homself-skiet","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/voortvlugtige-man-gearresteer-nadat-hy-homself-skiet\/","title":{"rendered":"Voortvlugtige man gearresteer nadat hy homself skiet"},"content":{"rendered":"

\u2018n Man wat deur die polisie gesoek was, is gister aangekeer nadat hy homself geskiet het.
\nDie 31-jarige verdagte is op 19 Februarie deur \u2018n polisielid na die stasie geneem vir ondervraging na \u2018n vrou in Dullstroom doodgesteek is.
\nDie 33-jarige vrou se liggaam is in die vroe\u00eb oggendure dieselfde dag in \u2018n plas bloed in \u2018n hut in Sakhelwe naby Dullstroom gevind.
\nDie man het die beampte se dienspistool afgeneem en gevlug. \u2018n Mannejag na hom is van stapel gestuur.
\nHy het Sondag glo by \u2018n huis ingebreek en homself geskiet toe die inwoners hom daar aantref.
\nHy was gewapen met die polisielid se pistool en het glo \u2018n venster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Die polisie is ontbied.
\n\u201cOns het hom in \u2018n plas bloed aangetref en besef hy leef nog. Paramedici is ontbied en het hom hospitaal toe geneem waar hy onder polisiebewaking is,\u201d s\u00ea die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi.
\nAmmunisie is ook op die toneel gevind. Volgens die polisie word die verdagte ook verbind met \u2018n gewapende roof in Dullstroom waartydens \u2018n sakeman Vrydag van \u2018n onbekende bedrag kontant beroof is.
\nVolgens Hlathi sal hy in die hof verskyn sodra hy genoegsaam herstel het.
\n