{"id":10298,"date":"2021-02-23T12:08:36","date_gmt":"2021-02-23T10:08:36","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10298"},"modified":"2021-02-23T12:08:36","modified_gmt":"2021-02-23T10:08:36","slug":"mbombela-kring-verbeter-matriekslaagsyfer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mbombela-kring-verbeter-matriekslaagsyfer\/","title":{"rendered":"Mbombela-kring verbeter matriekslaagsyfer"},"content":{"rendered":"

Die matriekslaagsyfer vir die klas van 2020 het aansienlik gedaal.
\nMpumalanga se slaagsyfer het met meer as ses persentasiepunte verminder tot 73,7%. Nasionaal het dit vyf persentasiepunte gedaal tot 76,2%.
\nSkole in die Mbombela-kring kon egter verbeter van 89,2% in 2019 tot 90,3%.
\nDie provinsie se uitslae is vanoggend deur die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, bekendgemaak.
\nDertig skole het \u2018n 100% slaagsyfer behaal, onder meer Ho\u00ebrskool Nelspruit.
\nMagigwana Sekond\u00ear in Thulamahashe is as die toppresterende skool in Mpumalanga aangewys. Buiten dat al die leerlinge geslaag het, het 211 van die 276 kandidate universiteitsvrystelling.
\nMajuba beskryf die 2020-skooljaar was die mees uitdagende ooit. Hy s\u00ea hele gemeenskappe is nodig om van skole \u2018n sukses te maak.
\n