{"id":10290,"date":"2021-02-22T16:18:38","date_gmt":"2021-02-22T14:18:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10290"},"modified":"2021-02-22T16:18:38","modified_gmt":"2021-02-22T14:18:38","slug":"covid-ondersoeke-na-verskaffers-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-ondersoeke-na-verskaffers-duur-voort\/","title":{"rendered":"Covid-ondersoeke na verskaffers duur voort"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die ondersoek na ongeruimdhede in provinsiale departemente se verkryging van beskermende kleredrag vir Covid is steeds nie afgehandel nie.
\nDie ondersoek na vyf departemente en entiteite sou aanvanklik onafhanklik gedoen word en \u2018n paar weke neem. Ses maande later duur dit steeds voort.
\nDie spesiale ondersoekeenheid (SOE) het dit intussen oorgeneem. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, s\u00ea verskeie ondersoeke is onderweg en die SOE hou hulle op hoogte.
\nMtshweni-Tsipane het ses maande gelede, op 19 Augustus, aangekondig dat onre\u00eblmatighede ge\u00efdentifiseer is in vyf provinsiale entiteite se keuse van verskaffers vir beskermende kleredrag.
\nDit is die departemente van sport en samewerkende regering, die tesourie, Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad (MTPA) en die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei (Mega).
\n\u2018n Beperkte aantal verskaffers sou glo voordeel getrek het uit die kontrakte. Dit is ook teenstrydig met haar administrasie se beleid dat klein ondernemings wat veral vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede ondersteun, bevoordeel moet word.
\nVolgens Mtshweni-Tsipane het die SOE die ondersoeke oorgeneem. Haar kantoor het teen Oktober reeds twee tussentydse verslae daaroor ontvang.
\nSy s\u00ea sy wag op die eenheid se finale verslag, wat sy s\u00ea sy bekend sal maak.
\n