{"id":10248,"date":"2021-02-19T12:20:48","date_gmt":"2021-02-19T10:20:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10248"},"modified":"2021-02-22T14:24:08","modified_gmt":"2021-02-22T12:24:08","slug":"covid-gee-geboorte-aan-prag-kinderboek","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-gee-geboorte-aan-prag-kinderboek\/","title":{"rendered":"Inperking inspireer eerste kinderboek"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Ho\u00ebrskool Nelspruit se Afrikaansonderwyseres, Martie Naud\u00e9, het die grendeltydperk vroeg verlede jaar gebruik om haar kreatiwiteit vrye teuels te gee – en haar eerste kinderboek te skryf.
\nSy gee \u201cDie Padonkels van Hoekomsberg\u201d self uit onder die skrywersnaam Karools Vorster.
\n\u201cKarools is die naam van my eerste troeteldier en Vorster is my ma se nooiensvan. Dis sommer simpel, maar ek het gedink dit is die naam wat ek wil gebruik,\u201d s\u00ea sy.
\nDie Padonkels se storie handel oor \u2018n eenvoudige, gelukkige gesinnetjie en hul vreemde diere in hul ongewone w\u00eareld.
\nHoewel haar eie seuns dol is oor die boek, is die Padonkels nie op haar regte gesin geskoei nie.
\n