{"id":10242,"date":"2021-02-16T17:26:14","date_gmt":"2021-02-16T15:26:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10242"},"modified":"2021-02-16T17:28:18","modified_gmt":"2021-02-16T15:28:18","slug":"helpende-hand-laeveld-rus-graadjies-toe-vir-skool","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/helpende-hand-laeveld-rus-graadjies-toe-vir-skool\/","title":{"rendered":"Helpende Hand Laeveld rus graadjies toe vir skool"},"content":{"rendered":"

Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer verseker dat behoeftige nuwe graad-eentjies ook h\u00fal skoolloopbane afskop met alles wat hulle benodig.
\nDie organisasie se Laeveld-tak het elkeen voorsien van \u2018n nuwe skooltas, en die nodige skryfbehoeftes, voor die skole gister heropen het.
\nDit sluit in Laerskool Nelspruit, Laerskool Bergland, Laerskool Laeveld en Laerskool Witrivier.
\nVolgens Elize Visser, die voorsitter van die Laeveld-tak, het hulle sowat 70 tassies uitgedeel, wat redelik gemiddeld is vir wat hul reeds jaarliks vermag.
\nVanjaar is die nood egter groter vir skryfbehoeftes vir ouer kinders, omdat soveel meer gesinne se finansies druk weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking.
\n