{"id":10217,"date":"2021-02-15T12:38:05","date_gmt":"2021-02-15T10:38:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10217"},"modified":"2021-02-15T12:38:05","modified_gmt":"2021-02-15T10:38:05","slug":"mpumalanga-skole-gereed-vir-covid-maar-ander-uitdagings-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-skole-gereed-vir-covid-maar-ander-uitdagings-bly\/","title":{"rendered":"Mpumalanga skole gereed vir Covid, maar ander uitdagings bly"},"content":{"rendered":"

In terme van die Covid-19-pandemie het die afskop van die 2021 skooljaar Maandag vlot verloop, maar vele uitdagings staar steeds die provinsiale departement van onderwys in die gesig.
\nDie LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, s\u00ea die uitstel van die akademiese jaar se begin het die onderwysdepartement genoeg tyd gegee om alle Covid-noodsaaklikhede in plaaslike skole in plek te kry.
\nHy het Maandag saam met adjunkminister vir onderwys, dr. Reginah Mhaule, skole in die Mkhulu-area besoek. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het self by Sofunda Sekonder in Middelburg sanit\u00eare produkte, skooluniforms, maskers, ontsmettingsmiddels en rekenaars oorhandig.
\nSowat 1 miljoen leerlinge het vandag hul akademiese jaar in die provinsie afgeskop.
\nVerskeie uitdagings staar egter die departement in die gesig met 1 147 leerlinge wat nog in skole geplaas moet word.
\n\u201cOns hoop om die proses binne die volgende twee weke af te handel. Ons het taakspanne op distrikvlak wat dit hanteer,\u201d aldus die LUR.
\nMajuba voeg by dat die vervanging van pittoilette by skole moontlik eers teen volgende jaar afgehandel sal kan word, weens die pandemie.
\n