{"id":10212,"date":"2021-02-12T16:04:39","date_gmt":"2021-02-12T14:04:39","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10212"},"modified":"2021-02-16T12:06:05","modified_gmt":"2021-02-16T10:06:05","slug":"mpumalanga-waarsku-mense-onder-die-vloedlyn-om-te-ontruim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-waarsku-mense-onder-die-vloedlyn-om-te-ontruim\/","title":{"rendered":"Mpumalanga waarsku mense onder die vloedlyn om te ontruim"},"content":{"rendered":"

Die Ehlanzeni-distrik is nog nie amptelik as ‘n rampgebied verklaar na die afgelope amper drie weke se vloede nie, en reeds is meer ontwrigtende re\u00ebn op pad.
\nDie Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het \u2018n vlak vier geel waarskuwing uitgereik dat ontwrigtende re\u00ebn vanaf 14:00 Vrydag tot 18:00 Saterdag in die Nkomazi- en Bosbokrand-areas verwag kan word.
\nOorstromings is ook moontlik asook skade aan padinfrastruktuur.
\nDie weerdiens s\u00ea hulle is besorg dat dit dieselfde areas sal raak wat nog nie van die afgelope weke se swaar re\u00ebn herstel het nie.
\nDie skade word tot dusver op meer as R400 miljoen beraam. Ten minste 700 huise is ook erg beskadig.
\nMense is gewaarsku om eerder nie in hierdie areas te bestuur nie en om ook nie sterk vloeiende riviere en strome te probeer oorsteek nie.
\nDie Mpumalanga departement van samewerkende regering s\u00ea mense wat onder vloedlyne en in laagliggende gebiede bly moet dit oorweeg om eerder hierdie areas te ontruim.
\nVolgens die woordvoerder van die departement, George Mthethwa, is dit gevaarlik, aangesien damme en riviere reeds baie vol is en die kanse soveel beter is vir verdere oorstromings.
\n