{"id":10206,"date":"2021-02-12T11:40:56","date_gmt":"2021-02-12T09:40:56","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10206"},"modified":"2021-02-12T11:40:56","modified_gmt":"2021-02-12T09:40:56","slug":"bloedbank-vra-skenkings-vir-valentynsdag","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bloedbank-vra-skenkings-vir-valentynsdag\/","title":{"rendered":"Bloedbank vra skenkings vir Valentynsdag"},"content":{"rendered":"

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het \u2018n beroep op mense gedoen om hierdie Valentynsdag die liefde te vier deur bloed te skenk.
\nLebo Matsimbi van die Laeveld-tak s\u00ea hul bloedvoorraad bly landwyd kritiek laag omdat die gewone groot bronne van skenkings \u2013 skole en sakeondernemings \u2013 weens inperking beduidend afgeneem het.
\nDaarom dryf hulle tot Sondag, Valentynsdag, \u2018n spesiale Valentynspromosie. In die Laeveld kan mense vir die duur ook by BUCO Nelspruit en Local Choice-apteek in Hazyview bloed skenk, sowel as by SANBS se skenkingsentrums.
\nIn Mbombela is die klinieke by Ilanga Mall en die Grove-sentrum gele\u00eb, langs PostNet, sedert hulle in Desember uit Riverside Mall getrek het.
\n