{"id":10198,"date":"2021-02-11T15:34:02","date_gmt":"2021-02-11T13:34:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10198"},"modified":"2021-02-11T15:34:02","modified_gmt":"2021-02-11T13:34:02","slug":"die-laeveld-is-in-vir-nog-n-nat-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/die-laeveld-is-in-vir-nog-n-nat-week\/","title":{"rendered":"Die Laeveld is in vir n\u00f3g \u2018n nat week"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Nog ontwrigtende re\u00ebn word in die Laeveld voorspel vir die volgende week.
\nVolgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal dit na verwagting weer vloede veroorsaak, veral omdat die grond reeds versadig is na die afgelope weke se re\u00ebn.
\nVloede het weens tropiese storm Eloise reeds die afgelope weke groot skade aan huise, en infrastruktuur aangerig. Meer as 700 huise is reeds beskadig.
\n\u201cDie meeste paaie is beskadig en ons het verskeie br\u00fbe verloor,\u201d s\u00ea Jacques Benade van Mpumalanga-rampbestuur.
\nDie voorspelde re\u00ebn is grootliks weens \u2018n ho\u00ebdrukstelsel wat vog bring en \u2018n laedrukstelsel wat oor Mosambiek se kus ontwikkel.
\nVolgens Lehlohonolo Thobela, \u2018n weervoorspeller by die SAWD, behoort die verre ooste van Mpumalanga, wat Ehlanzeni-distrik insluit, en Limpopo erg geraak word vanaf Vrydagmiddag tot Woensdagmiddag, of selfs Donderdagoggend.
\nBenade bevestig dat alle reddingspanne en rolspelers, van die weermag tot gemeenskapswerkers, in Mpumalanga op \u2018n ho\u00eb gereedheidsvlak geplaas is.
\n