{"id":10186,"date":"2021-02-09T14:20:38","date_gmt":"2021-02-09T12:20:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10186"},"modified":"2021-02-09T14:20:38","modified_gmt":"2021-02-09T12:20:38","slug":"drie-vas-vir-bongani-mountain-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/drie-vas-vir-bongani-mountain-brand\/","title":{"rendered":"Drie vas vir Bongani Mountain-brand"},"content":{"rendered":"

Drie mense is vasgetrek vir beweerde brandstigting na Bongani Mountain Lodge op 31 Januarie afgebrand het.
\nDi\u00e9 spogreservaat op die Mthethomusha-reservaat aangrensend aan die Nasionale Krugerwildtuin is \u2018n week gelede in puin gel\u00ea n\u00e1 die brand.
\nVolgens die polisie het \u2018n groep mense na bewering die pad na die reservaat blokkeer, deure oopgebreek en alkohol en ander items gesteel. Die polisie is na die toneel ontbied.
\nVan die vertrekke is aan die brand gesteek en die groep het gevlug. Die skade word op sowat R9 miljoen bereken.
\n\u201cWerknemers moes volgens berigte vir hul veiligheid vlug,\u201d s\u00ea die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi.
\nDie drie verdagtes is tussen 28 en 37 jaar oud en sou vandag in die KaNyamazane-landdroshof verskyn het.
\nHulle staar ook klagte van die besit van gesteelde goedere, diefstal, kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld in die gesig.
\nDie polisie kyk ook na beweringe dat polisielede glo traag was om by die brand op te tree asook \u00f3f die dood van \u2018n man in Matsulu met gebeure verband hou.
\n