{"id":10145,"date":"2021-01-28T15:26:34","date_gmt":"2021-01-28T13:26:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10145"},"modified":"2021-01-28T15:26:34","modified_gmt":"2021-01-28T13:26:34","slug":"bcj-help-om-voortvlugtige-aan-te-keer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bcj-help-om-voortvlugtige-aan-te-keer\/","title":{"rendered":"BCJ help om voortvlugtige aan te keer"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>\u2018n Voortvlugtige man van Kaapstad is die afgelope week deur die Valke en Bossies Community Justice in die Laeveld aangekeer.
\nSipho Casta Motha (42) word reeds sedert Mei 2015 deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek.
\nVolgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, word daar beweer dat die verdagte in Junie 2014 homself as \u2018n vragmotorhandelaar voorgedoen het.
\n\u201cHy het sowat R150 000 in betaling ontvang van \u2018n sakeman wat \u2018n vragmotor benodig het. Die man het van die Wes-Kaap na Johannesburg gereis om die voertuig af te haal, maar het dit nooit ontvang nie,\u201d s\u00ea sy.
\nDie saak is toe in Kaapstad by die polisie aangemeld. Die Valke s\u00ea die polisie in die Wes-Kaap het hulle vir hulp gevra.
\nAlbert Gryvenstein, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, verduidelik hoe hulle Motha aangekeer het.
\n