{"id":10136,"date":"2021-01-28T13:47:19","date_gmt":"2021-01-28T11:47:19","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10136"},"modified":"2021-01-28T13:49:06","modified_gmt":"2021-01-28T11:49:06","slug":"drie-vermeende-moordenaars-verskyn-in-die-nelspruit-hof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/drie-vermeende-moordenaars-verskyn-in-die-nelspruit-hof\/","title":{"rendered":"Drie vermeende moordenaars verskyn in die Nelspruit-hof"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die vermeende moordenaars Joseph \u201cBig Joe\u201d Nyalungu (54), Selby Nyalungu (44) en Elvis Mulimi (50) het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van moord en ontvoering.
\nHulle word daarvan beskuldig dat hulle Willy Shipalane 10 jaar gelede ontvoer en vermoor het.
\nShipalane (36) is na bewering in Februarie 2010 in Hazyview vermoor. Sy liggaam is dieselfde maand in Inyaka-dam gevind.
\nHy en Joseph Nyalungu was bure. Shipalane het vir Eskom gewerk en na bewering transformators gesteel wat hulle saam landuit gesmokkel het.
\nHy is glo vermoor na \u2018n dispuut hieroor. Nyalungu was destyds \u2018n polisieman wat by die grens gestasioneer was.
\nJoseph Nyalungu en Mulimi is in Julie in Hazyview aangekeer. Hulle is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat.
\nJoseph Nyalungu se broer, Selby Nyalungu, het homself eers gister, saam met sy regsverteenwoordiger, aan die Valke oorgegee.
\nHy is ook borgtog van R1 000 toegestaan toe die drie saam in die hof verskyn het.
\nDie Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, s\u00ea die saak is uitgestel tot 21 Februarie wanneer hulle weer in die hof sal verskyn.
\n