{"id":10112,"date":"2021-01-25T18:16:42","date_gmt":"2021-01-25T16:16:42","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10112"},"modified":"2021-01-26T11:12:00","modified_gmt":"2021-01-26T09:12:00","slug":"barberton-se-damvlakke-styg-dramaties","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/barberton-se-damvlakke-styg-dramaties\/","title":{"rendered":"Barberton se damvlakke styg dramaties"},"content":{"rendered":"

Inwoners van Barberton kan daarna uitsien om eersdaags dalk weer elke dag water te h\u00ea.
\nDie dorp ervaar sedert Augustus weer beurtwater, maar daar kan reeds etlike maande nie by die beurtwater-skedule gehou word nie, omdat so min water uit die reservoirs versprei mag word weens die lae vlakke van die Lomati-dam.
\nDie dam se watervlakke het sedert Saterdag egter van 14% tot 24,8% verbeter weens die goeie re\u00ebn wat in die opvangsgebied geval het tydens tropiese storm Eloise.
\nDie afgelope paar dae se gemiddelde re\u00ebnval was ongeveer 130 mm in die dorp. In die dam se opvangsgebied was dit egter nader aan 248 mm die afgelope drie dae.
\nHulle hoop dat die invloei van dit wat reeds geval het, die damvlak tot 30% kan opstoot.
\nDA-raadslid, Philip Minnaar, s\u00ea beurtwater en waterbeperkings is egter steeds hier om te bly, maar die dorp behoort, sonder om nog groot re\u00ebn te kry, tot die volgende re\u00ebnseisoen genoeg water te h\u00ea om hulle deur te sien.
\n