{"id":10063,"date":"2021-01-22T12:27:54","date_gmt":"2021-01-22T10:27:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10063"},"modified":"2021-01-22T12:35:35","modified_gmt":"2021-01-22T10:35:35","slug":"vrywillgers-genooi-om-hospitaal-personeel-te-ondersteun","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vrywillgers-genooi-om-hospitaal-personeel-te-ondersteun\/","title":{"rendered":"Vrywillgers genooi om hospitaal-personeel te ondersteun"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mediclinic het lede van die publiek genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan.
\nDr. Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, s\u00ea die program is in Julie van stapel gestuur, maar personeel het nou meer ondersteuning nodig as ooit met die dat hospitale soveel besiger is weens die tweede golf Covid-19-infeksies.
\nHulle kan in \u2018n kliniese of adminstratiewe hoedanigheid help. Almal sal die nodige opleiding ontvang.
\nVolgens Coustas sien hulle ook al hoe meer hoe gemeenskappe uit hul eie die personeel ondersteun, deur byvoorbeeld kos af te lewer.
\nBy Nelspruit Mediclinic help Lifeline ook om personeel berading te gee.
\n\u201cDie personeel het dit nodig. In die intensiewesorgeenheid is baie pasi\u00ebnte met angs, en getraumatiseerde families,\u201d s\u00ea sy. \u201cOns is dankbaar dat dit nou ook deur die gemeenskap gedryf word.\u201d
\n