{"id":10054,"date":"2021-01-21T17:18:05","date_gmt":"2021-01-21T15:18:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10054"},"modified":"2021-01-21T17:21:33","modified_gmt":"2021-01-21T15:21:33","slug":"medelye-stroom-in-vir-jackson-mthembu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/medelye-stroom-in-vir-jackson-mthembu\/","title":{"rendered":"Medelye stroom in vir Jackson Mthembu"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Medelye het van alle oorde ingestroom vir Jackson Mthembu, minister in die presidensie en ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee sedert 2007, nadat pres. Cyril Ramaphosa vanmiddag bevestig het dat Mthembu weens Covid-19-verwante komplikasies gesterf het.
\n\u201cOns dink aan sy familie in hierdie tyd. Hy was \u2018n voorbeeldige leier, \u2018n aktivis en lewenslange voorstaander van vryheid en demokrasie. Hy was baie geliefd en gerespekteerd en sy dood is \u2018n verlies vir ons land,\u201d het Ramaphosa op Twitter geskryf.
\nPolitieke leiers van regoor die spektrum het hul hartseer oor sy afsterwe uitgespreek, sowel as joernaliste, partylede, en die bre\u00ebr publiek.
\n\"\"
\nMthembu het op 11 Januarie op Twitter aangekondig dat hy positief getoets het vir die virus. Dit was sy laaste inskrywing.
\nHy het met die uitbreek van die pandemie \u2018n menigte inligtingsessies oor die virus gelei.
\nHy was oorspronklik van Mpumalanga – hy is in 1958 in eMalahleni (Witbank) gebore – en het in Mbombela gewoon.
\nPremier Refilwe Mtshweni-Tsipane s\u00ea die provinsie het \u2018n ware seun verloor. Sy het hom as \u2018n onbaatsugtige, etiese en beginselvaste leier beskryf wat deur sy handelinge \u2018n voorbeeld gestel het.
\n