Silulumanzi waarsku inwoners oor ‘n beplande nege uur lange wateronderbreking Donderdag vir die waterverskaffer om instandhoudingswerk aan die Boschrand waterpyplyn te doen.
Dit sal na verwagting vanaf 05:00 tot 14:00 duur en het ten doel om ‘n voortdurende lekkasie te herstel.
Areas wat onder meer daardeur geraak sal word sluit in Witrivier, Rocky Drift, Elawini, Ridgehill, Penryn, Kiaat-hospitaal, die argiewe, Drumrock en Mountain View.
Sien ook: Opknappingswerk vorder in Krugerwildtuin