100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vonnisverrigtinge begin vir man wat Duitse toeris vermoor

Written by on November 29, 2024

Vonnisverrigtinge vir die  man wat ‘n Duitse toeris nagenoeg twee jaar gelede op die Numbi-pad doodgeskiet het, begin vandag.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sal Napoleon Joseph Nyalungu in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verskyn.

Hy het die toeris, Jörg Schnarr, op 3 Oktober 2022 tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet.

Schnarr en sy vrou was onderweg na Mdluli Safari Lodge in die Krugerwildtuin.

Hulle is deur ‘n VW Golf voorgekeer en daar is op hulle geskiet.

Drie verdagtes is aangekeer, maar die aanklagte teen twee is laat vaar weens ‘n tekort aan bewyse.

Nyalungu is reeds skuldig bevind aan moord, poging tot roof en die besit van ‘n vuurwapen.

Sien ook: Borgaansoek uitgestel van drie wat glo Duitse toeris vermoor – Radio Laeveld