100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Versperring van paaie rondom Mbombela skerp veroordeel

Written by on October 25, 2021

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die sporadiese afsperring van paaie rondom Mbombela vanoggend skerp veroordeel.
Die paaie wat in en uit areas soos Kanyamazane en Pienaar lei, sowel as die N4 by Matsulu is daardeur geraak.
Die N4 tussen Nelspruit en Kaapmuiden is deur vragmotors afgesper weens protesaksie. Toegang tot KMI-lughawe van Karino is ook geraak.
Volgens Shongwe was die uiteinde dat mense verhoed is om werk en skool toe te gaan. Die verkeersopeenhoping in die Krokodil-ravyn het ook vir lang vertragings gesorg.

Silulumanzi het gewaarsku verskeie van hul werknemers kon nie werk toe kom nie, en dat hulle moontlik vandag tekorte aan mannekrag sal hê om op klagtes te reageer.
“Mense moet protesteer en hul ontevredenheid binne die wet demonstreer,” sê Shongwe. “Ons land sukkel nog om van die pandemie te herstel wat baie mense werkloos gelaat het. Daar moet daarom ernstig opgetree word teen enige persoon wie se optrede die ekonomie saboteer.”
Shongwe voeg by dat die afsperring van paaie gevaarlik is vir mense wat mediese hulp benodig.
Hy het ook gewaarsku teen kriminele elemente wat protesaksies vir hul eie doeleindes kaap.


×