100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende stroper in Krugerwildtuin doodgeskiet

Written by on July 14, 2025

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is Saterdagoggend in die Krugerwildtuin ontdek.

Volgens die polisie is die man die vorige aand tydens ‘n skietery met veldwagters gewond.

Drie veldwagters was op patrollie in die Nwari-area naby Onder-Sabie toe vermeende stropers op hulle gevuur het.

Hulle het teruggeskiet en die verdagtes het die donker in gevlug.

Die volgende oggend is die liggaam gevind sowel as twee renosterhorings in ‘n rugsak op die toneel. 

Twee verdagtes word gesoek.

*Foto ter illustrasie