100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende onwettige myners in Barberton vasgetrek

Written by on December 23, 2020

Twaalf vermeende onwettige myners is Woensdag deur die Valke in Mpumalanga naby Barberton Mines in hegtenis geneem op aanklagte van onwettige mynery.


Volgens die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, is die onwettige goudsmeltery op Brown-plaas ontbind.
Daar is op kragopwekkers, gouderts, chemikalië en toerusting om gouderts te prosesseer, beslag gelê.
‘n 20-jarige is aangekeer vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen. ‘n Jaggeweer is gekonfiskeer saam met ‘n teleskoop en ammunisie.

Die polisie se gespesialiseerde nasionale intervensie-eenheid, bom-eenheid, ‘n taktiese span, SSG Sekuriteit, Barberton-polisie en die plaaslike kriminele rekordsentrum was saam met die Valke deel van die operasie.
Dit duur voort en verdere arrestasies word verwag.
 



×