100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes aangekeer wat glo kabels steel in Barberton

Written by on August 7, 2025

Twee verdagtes verskyn vandag in die Barberton-landdroshof na hulle aangekeer is in besit van elektriese kabels.

Volgens die polisie is hulle vroeg gisteroggend op die R38 vasgetrek na die Nelspruit-blitspatrollie hulle wou voorkeer en hulle probeer wegjaag het.

Een van die drie insittendes kon te voet vlug.

Verder is nog ses verdagtes gister aangekeer as deel van Operasie Vala Umgodi teen onwettige mynbedrywighede in Barberton.

Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, was hulle in besit van springstof.

Luister:

Sien ook: Twee mynwerkers kry borgtog in Barberton


Continue reading