100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Toergidse mag weer werk

Written by on August 7, 2020

Nuwe regulasies is Donderdag in die staatskoerant gepubliseer, waarvolgens gidse weer toere mag lei.
‘n Plaaslike toeroperateur is egter skepties oor hoe haalbaar dit is.
Hylton Langley het onlangs twee vreedsame protesaksies gereël omdat hulle sedert Maart deur inperkingregulasies verbied word om te werk.
Hy sê egter dit maak nie sakesin om onder die huidige omstandighede oop te maak nie.
Volgens Langley maak die meeste gidse staat op toeriste van ander provinsies, maar veral van ander lande, om te oorleef.

“Dit help nie veel nie,” sê hy. “Sommige ouens is dankbaar, maar Mpumalanga kan nie almal in stand hou nie. Die meeste ondernemings maak op internasionale besoekers staat.”
Hy voeg by dat hul uitgawes vir versekering en lisensieëring maandeliks in die duisende rande beloop, voordat hulle nog enige inkomste probeer verdien het.
Hy beplan daarom nie om sake te begin dryf tot internasionale reis weer toegelaat word nie.
“Hierdie maak die deur ‘n klein bietjie oop, maar meer mense is in die moeilikheid weens inperking as weens die virus,” sluit Langley af.

Nuwe regulasies vir toerisme
Begeleide toere is onderhewig aan streng veiligheidsmaatreëls
Volledige rekord moet gehou word van elke passasier se besonderhede
Almal moet te alle tye gesigmaskers dra
Mense moet ontsmet word voor en tydens ritte
Mense moet ‘n fisiese afstand van 1,5 meter hou waar hulle saam stap
Voertuie se kapasiteit moet hou by die reëls soos aangeteken vir openbare vervoer
Voertuie moet voor en na elke gebruik ontsmet word
Waar voertuie vensters het, moet dit vyf sentimeter oop wees.
Versnaperinge moet ook higiënies voorberei word.


×