Onoorwonne Pumas marsjeer voort in SA Beker

Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee. Luister hier:

Valke bevestig inbraak by distrikskantoor

Die Valke het bevestig dat daar Woensdagaand by sy kantore in Mbombela ingebreek is.  Volgens brig. Danie Hall het die verdagtes toegang tot die Ehlanzeni-distrikskantoor verkry deur ‘n venster oop te forseer.  ‘n Paar los items, insluitend ‘n rekenaarskerm en projektor, is gesteel.  Hall het bevestig dat geen saakdossiere of rekenaars gesteel is nie en […]

Borgtog vir vermeende onwettige sigarethandelaar in West Acres

‘n Bangladesjiese man wat Donderdag by sy supermark in West Acres, Mbombela, gearresteer is ingevolge die Doeane- en Aksynswet is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga Valke is Shahinoor Rahman (45), wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke. Hy kon glo nie ‘n koopbewys […]