Rugbyondersteuners gewaarsku teen toetskaartjie slenters

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.
Belowende jong tennisspeler behaal sukses in Europa

Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen. Hy het ook aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem by die Ten-Pro Global Junior Tour tennistoernooi by die Kim Clijsters Tennis Academy in België waar hy sewe van […]
Sabie Xperience wink vir avontuurlustige bergfietsryers

Die jaarlikse Sabie Xperience vind vanjaar weer later as gewoonlik, volgende maand, plaas. Dit is die 17de aflewering van dié drie dag lange bergfietswedren wat gewoonlik vroeër die jaar is, maar sedert 2020 weens Covid uitgestel moes word. Dit sal van 4 tot 6 November by Floreat Riverside Retreat aangebied word. Die organiseerder, Denzil Lawrie, […]
Nellie-atleet laat nasionale rekords spat

Juané le Roux, ‘n gr. 8 para-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp […]
Hoërskool Nelspruit skitter op die netbalbaan

Hoërskool Nelspruit se juf. Maryke Coetzee het van 5 tot 12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan om die Mpumalanga Sunbirds te verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga. Sy was ook die span se kaptein in haar agtste verskyning wat sy vir die provinsiale span vanjaar gemaak het. Sy sê die […]
Jong gimnaste droom groot voor SA’s

Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber (vlak 8) en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart (almal vlak 7) het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport. Luister weer hier daarna. Jasmin was twee jaar gelede […]
Verward oor die nuwe rugbyreëls? Oubaas Coetzer verduidelik hoe dit werk

Nuwe rugbyreëls sal vir die volgende 12 maande wêreldwyd getoets word, en die Springbokke sal vanaand vir die eerste keer in hul kragmeting teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap daarvolgens geblaas word. Oubaas Coetzer, hoof van rugbyskeidsregters in Mpumalanga, het vir Gerhardt verduidelik wat dit behels.
Lloyd Harris se ma deel haar raad vir sport ouers

Suid-Afrika se top-man-tennisspeler, Lloyd Harris, het in die vroeë oggendure van Vrydag die grootste oorwinning van sy loopbaan tot dusver behaal, toe hy by die ATP Citi Open die legendariese Rafael Nadal verslaan het. Sy ma, Cecelia Harris, het haar raad aan Laeveldse ouers wie se kinders sportdrome koester, met Radio Laeveld 100.5FM gedeel. Die […]
Plaaslike atlete skitter op die baan en veld

Luister meer op 100.5FM.
Interskole-atletiek steeds van die baan, maar klubs bied ‘n plan

Luister meer op 100.5FM.