Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. ‘n Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Abdul Ngcamu, sê 100-200mm is binne 48 uur moontlik in hierdie areas wat reeds versadig is. Luister:

Nog ontwrigtende reën verwag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ernstige weerwaarskuwings uitgereik vir dele van Limpopo, Mpumalanga en die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal. ‘n Volgehoue laedrukstelsel veroorsaak swaar reën, met oranje vlak 6- en 9-waarskuwings wat ingestel is vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo.  ‘n Weervoorspeller, Amukelani Mkhari, sê die stelsel sal lei tot […]

Groot reën op pad vanaf Saterdag

‘n Intense laedrukstelsel sal na verwagting oor suidelike Mosambiek ontwikkel en kan vanaf Saterdag wydverspreide reën en donderbuide na die Laeveld en platorand van Mpumalanga en Limpopo sowel as die noordooste van KwaZulu-Natal bring. Laeveld Brunch gesels met Amukulani Mkhari, ‘n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Luister:

Storm Baron is fopnuus maar groot reën kom

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n virale sosiale media-waarskuwing oor ‘n storm genaamd Storm Baron wat na bewering Suider-Afrika gaan tref, as vals afgemaak. Die weerdiens sê so ‘n storm bestaan nie en daar is tans geen tropiese sikloonaktiwiteit in die streek nie. ‘n Intense laedrukstelsel sal wel na verwagting wel oor suidelike Mosambiek ontwikkel […]

Weerdiens sê nog reën is op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê nog reën en donderstorms word verwag oor die sentrale en oostelike van Suid-Afrika, insluitend Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, en dele van die Oos-Kaap en Noordwes. Die Weerdiens waarsku hewige donderstorms kan lei tot stortreën, hewige weerlig, klein haelkorrels en gelokaliseerde oorstromings. Die weste sal na verwagting meestal droog en […]

Koue op pad vir Laeveld

Daar is koue op pad na die Laeveld, sê Tokelo Chiloane, ‘n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Luister wat jy Sondag en Maandag kan verwag.