SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais, beide in hul 70’s, van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Sovêr bekend is dit die eerste keer in sy 100 jaar bestaan dat toeriste in die wildtuin vermoor word. […]

Paasnaweek in die wildtuin: Helikopters, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met R2,500 beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In videomateriaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende gebare na omstanders wat hom […]

Opdatering: Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer […]

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park […]

Krugerwildtuin oorstromings: Wat is oop of onbegaanbaar?

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers. ‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag en môre. Die wildtuin […]

Paaie, hekke, boskampe in Krugerwildtuin gesluit weens swaar reën

Die Krugerwildtuin vra besoekers om hul besoeke uit te stel na volgehoue swaar reën SANParke genoop het om boskampe, sekere toegangshekke en alle grondpaaie te sluit. Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê toegang tot Skukuza is van Onder Sabie en Krokodilbrug afgesny. Die Krokodilbrughek word gemonitor en sal slegs gesluit word as […]