Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer:

Pumas struikel oor laaste hekkie in Curriebeker

Die Leeus, Griekwas, Cheetahs en Boland Kavaliers is deur na die halfeindronde van die Curriebeker met die Airlink Pumas wat vyfde op die punteleer geëindig het. Die Bulle het Saterdagaand ‘n geesdriftige terugvegpoging teen die Cheetahs afgeweer om met 35-31 in Pretoria te wen. In Kaapstad het die WP uiteindelik hul eerste oorwinning van die […]

Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand af wanneer die Pumas die Griekwas op Mbombela-stadion verwelkom om 19:00. Môremiddag speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en  Westelike Provinsie kom op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag in Wellington tussen Boland en die […]