Polisie red twee ontvoeringslagoffers, arresteer drie verdagtes in Kabokweni

Twee ontvoeringsslagoffers is gister tydens ‘n multidissiplinêre operasie deur die Mpumalanga teenkaping-taakspan en ‘n private sekuriteitsmaatskappy in Kabokweni gered. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die slagoffers se gekaapte voertuig is ook teruggevind. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Mpho Nonyane-Mpe, het hulle die verdagtes na ‘n huis in Manyeveni opgespoor. Hulle het die manlike slagoffer glo gedwing […]

Man ingeneem vir ondervraging na verbrande liggame in Hazyview ontdek is

Die polisie sê ‘n 29-jarige verdagte is i.v.m. ontvoering en moord vir ondervraging ingeneem. Dit na drie mense gister in bosse in Hazyview onherkenbaar verbrand gevind is. ‘n Woordvoerder vir die Mpumalanga polisie, kol. Mavela Masondo, sê ‘n ondersoek is aan die gang om vas te stel of die slagoffers die drie mans is wat […]

Ontvoerde vragmotorbestuurder gered

misdaad

‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is. Volgens die polisie is ‘n losprys van R50 000 by sy werkgewer geëis. Twee verdagtes is aangekeer. Lees ook: Vragmotorbestuurder naby Lebombo-grens ontvoer Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is […]