Nellies hou Boeredag

Laerskool Nelspruit bied vandag ‘n Boeredag aan met ‘n familie pretloop, boeresport, kompetisies, stalletjies en meer. Kom sluit by ons aan waar 100.5FM ook regstreeks uitsaai vanaf die gesinsdag.

Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos

‘n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na ‘n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie. Luister weer:

Belowende jong tennisspeler behaal sukses in Europa

Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen. Hy het ook aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem by die Ten-Pro Global Junior Tour tennistoernooi by die Kim Clijsters Tennis Academy in België waar hy sewe van […]