Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart ‘n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring. Luister hier: Kaartjies is beskibaar via Quicket by https://qkt.io/KrugerConcert en vir verblyf […]
Malelane-hek môre gesluit weens jeugprotes

SANParke sê die Krugerwildtuin se Malelane-hek sal môre tydelik gesluit wees weens ‘n beplande optog deur werklose jeugdiges van Nkomazi. Die organiseerders beplan ‘n vreedsame optog om kwellinge te opper oor kwessies wat werklose jongmense in die area aangrensend aan die wildtuin raak. Volgens SANParke was pogings om met die organiseerders te vergader voor die […]
H4-1 heropen betyds vir Parkeweek

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die naweek, op die vooraand van SANParke se jaarlikse nasionale Parkeweek, die H4-1 tussen Skukuza en Onder Sabie amptelik heropen. Die leivore op een van besigste roetes in die Krugerwildtuin moes herbou word na vloed-verwante skade dit vir lank gesluit het. SANParke sê die konstruksie is bedoel om […]
Vermeende onwettige visser se oorskot in Krugerwildtuin-dam gevind
Die polisie lei die ondersoek en forensiese identifikasieproses na menslike oorskot gevind is in die Mesteldam in die Krugerwildtuin. Dit volg op ’n dae lange soektog na ’n man wat glo die water binnegegaan het terwyl hy probeer het om arrestasie te ontduik Saterdag toe veldwagters vier mense betrap het waar hulle na bewering besig […]
SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek
SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n toestroming, terwyl besoekers aan die park hulle toenemend skuldig maak aan wangedrag. Rey Thakhuli gesels met ons oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered […]
Brand verwoes pakhuis in Krugerwildtuin

SANParke ondersoek die oorsaak van ‘n brand wat laat Saterdag by ‘n pakhuis in Skukuza, in die Krugerwildtuin, uitgebreek het. Daar was geen onmiddellike risiko vir gaste of kern-bedryfsfasiliteite nie, aangesien dit ‘n aansienlike afstand van alle toerisme-akkommodasie en administratiewe kantore geleë is. SANParke sê die pakhuis het kritieke infrastruktuurkomponente gehuisves, wat ‘n korttermyn-invloed op […]
Vermeende stroper in wildtuin gearresteer
‘n 32-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy gewond is tydens ‘n skietery met veldwagters in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin Sondagaand. Volgens die Mpumalanga polisie het die veldwagters op patrollie vier vermeende renosterstropers teëgekom. Hulle het hulle agternagesit en ‘n skietery het gevolg. Die gewonde man is in hegtenis geneem en […]
Borgtog vir gids wat per ongeluk toeris in Krugerwildtuin doodskiet
Die 38-jarige man wat gearresteer is weens die skietdood van ‘n Kanadese toeris in die Krugerwildtuin verlede week is borgtog van R5,000 toegestaan. Goodman Nkosi is ‘n direkteur van die toerismemaatskappy. Hy het Vrydag in die Masoyi-landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen. Volgens die Mpumalanga polisie is […]
Derde verdagte weens Krugerwildtuinmoorde aangekeer

‘n Derde verdagte is in Zimbabwe in hegtenis geneem weens die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin verlede maand. Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor. Die 26-jarige Mosambiekse burger het glo oor die grens gevlug na twee ander verdagtes vroeër vandeesmaand aangekeer is in Mosambiek, waar die slagoffers […]
Twee verdagtes in Mosambiek gearresteer weens Krugerwildtuinmoorde

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het die inhegtenisneming van twee verdagtes in Mosambiek bevestig i.v.m die wrede moord op twee Suid-Afrikaanse toeriste in die Krugerwildtuin byna twee weke gelede. Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor. Hul liggame is op 22 Mei deur ander toeriste […]