Pumas bespreek SA Beker-eindstryd teen Griekwas

Die Griekwas en die Pumas sal mekaar vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal ontmoet na beide spanne hul halfeindronde gewen het. Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Cheetahs met 42-36 geklop in ‘n opwindende kragmeting in Mbombela. Die eindstryd vind Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley plaas. Luister:

Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand af wanneer die Pumas die Griekwas op Mbombela-stadion verwelkom om 19:00. Môremiddag speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en  Westelike Provinsie kom op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag in Wellington tussen Boland en die […]