Dawie Roodt: Die ANC móét gaan vir ekonomiese groei

Die ekonoom Dawie Roodt was gister ‘n gasspreker by die AmberMac Makadamia Ekspo. Hy sê landbou is ‘n hoogs tegnologiese bedryf wat al hoe meer deel raak van die dienstebedryf, die grootste ekonomiese drywer in die land. “Ons moet ontslae raak van die deskruktiewe ANC om die ekonomie te groei,” voeg hy by. Luister weer:

Ekonoom voorspel 5,4% groei

Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, het Vrydag by Church Unlimited verduidelik hoe Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is. Hy sê hy is positief, maar met rede, omdat die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die […]

Kommer oor groenskrif want Laeveldse ‘ondernemings oorleef nou net’

Die regering se jongste plan om meer toelaes aan mense te betaal loop deur onder fel kritiek, omdat belastingbetalers dit nie kan bekostig om nog meer van hul inkomste daarvoor op te gee nie. Die Departement van Maatskaplike ontwikkeling se groenskrif oor ‘n basiese-inkomste-toelaag beoog om inkomste-ondersteuning te bied vir mense van werkende ouderdom (18 […]