R2,9m daggaplantasie buite Malalane ontdek

Die polisie het gistermiddag ‘n daggaplantasie langs die  Mhlambanyatsi-rivier in Buffelspruit, buite Malalane, ontdek.  Die daggaplante het ‘n geraamde straatwaarde van R2,9 miljoen.  Volgens die polisie is hulle besig om vas te stel aan wie dit behoort.  Die waarnemende provinsiale kommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, noem die ontdekking ‘n deurbraak in die bekamping van dwelmhandel.  […]

Klopjag na winkel in Witrivier glo dagga aan skoolkinders verkoop

Twee werknemers van ‘n winkel in Witrivier wat gister in hegtenis geneem is vir dwelmhandel, het vandag in die landdroshof in dié dorp verskyn.  Dit kom na inligting van ‘n plaaslike skool ontvang is oor kinders wat in besit van damprookprodukte met dagga gevind is.  Beamptes het dagga by die winkel gekoop, en ‘n klopjag […]