100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sewe wat glo wild stroop vasgetrek in plantasie in Pelgrimsrus

Written by on December 6, 2023

Sewe vermeende stropers is vroeg Maandagoggend in die Mauchsburg-plantasie in Pelgrimsrus gearresteer.

Volgens die polisie het sekuriteitswagte hulle bespeur.

Hulle was in besit van die geslagte karkasse van verskeie wildspesies.

Die vleis was na vermoede bestem vir onwettige mynwerkers in die area.

Daar is ook op twee jaggewere, nagenoeg 500 rondes ammunisie en hul voertuig beslag gelê.

Die verdagtes is almal tussen 17 en 42 jaar oud.

Die waarde van die geslagde diere moet nog bepaal word.

Sien ook: Rodney Landela in Maart eindelik verhoor


×