100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ses vas wat met lisensies konkel

Written by on July 19, 2022

Ses mense het gister in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo R60 miljoen van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gesteel het.
Vyf aangeklaagdes (Agnes Nosipho Ndzinisa (54), Xoliswa Celia Ngcekwane (52), Nompulelo Winnie Nxumalo (44), Thembi Millicent Motlohi (43) en Allman Thabani Masuku, 35 jaar oud) is voormalige werknemers van die departement en die sesde (Nkosinathi Samuel Gumede, 37 jaar oud) is van die Mbombela-registrasiegesag.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi van die Valke het hulle in Desember 2018 gekonkel saam met vragmotoreienaars wat baie geld verskuldig was op hul lisensies.
Hulle sou dan die stelsel manipuleer om die skuld uit te vee en die lisensies te hernu – en betaling daarvoor in eie sak steek.

Sodoende is sowat R60 miljoen wat aan die departement verskuldig was aan die individue betaal.
Hulle het gister in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn.
Elkeen is borgtog van R15 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 29 September. Meer arrestasies word verwag.


×