100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sekuriteitswag dood tydens transitoroof tussen Witrivier en Hazyview

Written by on January 25, 2023

‘n Sekuriteitswag is vanoggend tydens ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview doodgeskiet.
Die Fidelity-voertuig is kort voor 11:00 deur ‘n onbekende aantal gewapende aanvallers voorgelê.
‘n Skietery het uitgebreek.
Die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig is noodlottig gewond.
Plofstof is gebruik om die geldwa oop te skiet.
Die aanvallers het ‘n Mercedes wat hulle tydens die aanval gebruik het, aan die brand gesteek voor hulle op die vlug geslaan het in ‘n wit Jeep en ‘n wit Kia.
Paramedici van Emer-G-Med het die ander twee wagte, wat gewond is, behandel. Woordvoerder, Kyle van Reenen:

Die R40 vanaf die Kiepersol-afdraai tot in Hazyview sal vir geruime tyd gesluit wees vir die ondersoek van die misdaadtoneel. Gebruik alternatiewe roetes.


×