100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabie se water herstel, maar probleme ver van verby

Written by on July 13, 2020

Water loop weer in Sabie. Die dorp se krane was die afgelope twee weke vir dae aaneen droog. Volgens Gwilym Rees, die voorsitter van die Sabie- belastingbetalersvereniging, was die beskadigde pomp onherstelbaar. ‘n Nuwe pomp is egter Vrydag deur die Thaba-Chweu munisipaliteit geïnstalleer. Die nuwe pomp los egter nie die dorp se probleme op nie, aangesien daar nie ‘n bystandpomp beskikbaar is nie en die inwoners so kwesbaar soos voorheen laat, sê Rees.

Sabie se waterprobleme strek egter veel verder as die hoof-pompstasie.
Al die ander pompe in die dorp is in dieselfde skokkende toestand as voorheen. Geen herstelwerk word gedoen nie, so ons is in dieselfde situasie.”
Volgens Rees staan die nuwe Mount Anderson-reservoir nog al die jare leeg.
“Hulle het nooit sterk genoeg pompe geïnstalleer om die reservoir vol te kry nie. Dit is ‘n skokkende mors van belastingbetalers se geld.”
Verder het Thaba Chweu-munisipaliteit inwoners die harnas in met buitensporige tariefverhogings wat aan die begin van die maand in werking getree het.
Daarvolgens moet elke verbruiker ‘n nuwe basiese tarief betaal, wat ten doel het om die munisipaliteit se skuld aan Eskom te help delg.
Die belastingbetalersvereniging het aan Nersa geskryf.
“Ons het rede om te glo dat hulle dit nie goedgekeur het nie,” sluit Rees af.


×