100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rudy Oosthuyse wen 10de Cleaver-toekenning

Written by on October 24, 2020

Rudy Oosthuyse van Grove SuperSpar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen.
Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise.

Grove SuperSpar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika vir 2020.
Die slaghuis se 20 spanlede het Saterdagoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld ontvang.
Jaco Nel van SPAR Lowveld het Oosthuyse bedank dat hy sy vaardighede en kundigheid aan ander oordra.
Oosthuyse sê die toekenning is te danke aan die span se harde werk.
“Alles gaan oor die span. Ek kan nie al die werk doen nie. Hulle is almal fantasties,” vertel hy.

Hy voeg by dat die toekenning beteken klante kan met gemoedsrus daar kom koop.
“Dit beteken baie vir ons, dat klante met selfvertroue by ons kan koop en weet ons standaarde is hoog en die gehalte is reg.”
Vleispryse is maar hoog tans, maar hulle probeer winskopies aanbied. Oosthuyse het mense ook vir hul ondersteuning oor die jare bedank.
“Ons het maar geleer om die standaarde hoog te hou,” voeg hy by. “Dit is baie streng beoordeling.”
Vanjaar moes slaghuise registreer, waarna die publiek vir hulle kon stem om die finaliste te bepaal. Hulle is uiteindelik beoordeel.
Ryan Read, the aanbieder van die toekennings, het spesiaal die seremonie by Grove SuperSpar bygewoon.

Al die wenners sal in November tydens ‘n virtuele seremonie vereer word.
Oosthuyse het spesiaal hulde gebring aan die boere, of vleisproduseerders, wat alles moontlik maak en het gevra dat mense vir hulle bid omdat verskeie tans onder groot brande gebuk gaan.


×