100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas steeds onoorwonne in Curriebeker

Written by on March 27, 2023

Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela.

Die Pumas bly daarmee onoorwonne in vanjaar se Curriebeker-kompetisie na drie rondes.

Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas.

Stonehouse sê sy span was teen rustyd onder druk sonder die bal en die besoekers het hul verdediging getoets – ook vir die 10 minute wat Tinus de Beer in die koelkas moes deurbring.

“Ons gaan noukeurig na ons balbesit moet kyk vorentoe,” sê hy. Luister weer hier.

Pieter Bergh, die afrigter van die Griekwas, sê die nederlaag was vir hulle teleurstellend.

Die Pumas bly na die derde ronde van die kompetisie tweede op die punteleer, met een punt agter die Cheetahs.

Die Pumas se volgende wedstryd is teen die einste Cheetahs, Vrydagaand in Bloemfontein. 

Foto’s: Kaptured Concepts


×