Protesaksie in Masoyi na driejarige vermis raak
Written by Mireille on July 24, 2025
Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na protesoptrede gisteraand op die R38 en in Masoyi weens die verdwyning Sondag van ‘n doofstom driejarige seuntjie.
Die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sê protesteerders het geëis dat hulle Nkosingiphile Ntiwane se ma arresteer en het gedreig om die gesin se huis af te brand.
Die Masoyi-polisiestasie is ook met klippe bestook.
Mdhluli sê die fokus moet wees op pogings om die kind op te spoor.
Hulle het hul sigbaarheid in die area verhoog.
Luister:
Sien ook: Driejarige van Masoyi word vermis