100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie vra inligting na ontdekking van twee liggame

Written by on June 12, 2024

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle.

‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind.

‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het haar bure alarm gemaak na hulle haar vir ‘n paar dae nie gesien het nie, en sy is deur haar familie as vermis aangegee.

Luister:

Die motief vir beide moorde is tans onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie.

Sien ook: 120 Renosters in Groter-Kruger-gebied hervestig


×