Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne het aangekondig brandstofpryse daal môre om middernag tot hul laagste vlakke sedert vroeg verlede jaar.
Dan sal die prys van 93- en 95-oktaan-petrol met 92 c/l verlaag word, terwyl dieselpryse daal met onderskeidelik R1,05 en 79 c/l.
Lampolie word besnoei met R1,03 per liter en vloeibare gas sal 10 c/kg goedkoper wees.
Die verlagings word toegeskryf aan die afname in die prys van Brent-ruolie en ‘n sterker rand.
Sien ook: MP Solar flair mik hoog met Sasol-sonkraguitdaging