100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

OME: Kleurvolle Ceylonia besef nou eers sy is koel

Written by on July 1, 2022

In die voorlaaste episode van Op my Eish! 2 het Francois Jacobs gisteraand vir Ceylonia Bekker (26) teruggestuur na Kaapstad.
Sy het vir opskuddings en groot vermaak gesorg op hierdie realiteitsreeks waarin die Laeveldse akteur/regisseur liefde soek, toe sy as ‘n “wild card” daar aansluit.
Nou dat sy self die reeks kon sien, het sy nuwe respek vir die ander deelnemers en waardeur hulle moes gaan.
Sy het ook goeie vriendinne gemaak. “Elaine gaan al my egskeidings behartig,” terg sy.
Maar Ceylonia het die meeste van haarself geleer. “Ek het baie selfvertroue en ek is eintlik baie snaaks en ek is koel, maar ek is nog nie reg vir ‘n verhouding nie, ek moet eers nog groot raak.”
Sy het met die Ontbyt-span gesels oor die ervaring. Luister weer hier na die gesprek.

Slegs drie deelnemers bly oor in Op my Eish!: Claudia Hermann, Leyla van Greuning en Shané (Nykie) Pretorius.
Wie gaan Francois se pasmaat wees? Skakel Donderdag om 20:00 in op kykNET-kanaal 144 vir die finale episode.


×